Sunday, April 28, 2019

Swartpan Ontbyt
My gunsteling LowCarb-ontbyt van alle tye. Dis vinnig, maklik en kan aangepas word vir die hoeveelheid mense wat saam ontbyt eet. Ek voeg soms nog 'n varkworsie by, en gebruik minder spek. Maak hierdie ontbyt in 'n kleefvrye pan op die stoof. 





3 eiers 
4 repe spek
100 g sampioene 
½ tamatie (±50g)
30 ml botter

Smelt die botter in ‘n groot pan. Sit die tamatie in die pan en laat dit eenkant gaar word terwyl jy die sampioene braai. Maak die spek gaar en bak die eiers. Geur na smaak en bedien dadelik.
Lewer 1 porsie.
1 Porsie * 3108kJ * Total Fat 57 g * Proteien 54 g
Total Carbs 6.4 g * Net Carbs 6.8 g
Bloubessie Granola
Gedink jy gaan nooit weer muesli/granola op 'n LowCarb Dieet eet nie? Dink weer! Hierdie granola is propvol smaak, en baie laag in koolhidrate. Eet dit net so met bietjie volroom melk of joghurt.

250 ml rou amandels
250 ml pekanneute
80 ml sonneblom saad
125 ml klapper
125 ml amandel botter
80 ml lynsaad meel
10 ml vanilla geursel
45 ml klapper olie, gesmelt
250 ml bloubessies (vars of gevries)



Voorverhit die oond tot 100°C.
Maak die amandels, pekanneute en sonneblomsaad effens fyner in 'n voedselverwerker, maar moenie fyn maal nie. Voeg die klapper, amandel botter, lynsaad, klapper olie en vanilla by en meng. Voeg die bloubessies daarby. Sprei die mengel eweredig op 'n bakplaat uit wat met bakpapier uitgevoer is. Bak dit vir 4 ure, of tot droog en bros. (Dit kan partykeer dalk bietjie langer as 4 ure neem vir die granola om bros te raak - bak dit dan langer, maar hou dit dop sodat dit nie brand nie.)
Laat afkoel en bêre in 'n lugdigte houer, verkieslik in die yskas.

Wenk:
Dit is oorspronklik 'n Paleo-dieet resep en op die Paleo-dieet mag heuning geeet word. Omdat ons nog nie heuning mag eet tot heelwat later nie, kan jy 'n versoeter (xylitol of erythritol) by die klapper olie inmeng voordat jy dit by die ander bestanddele voeg. Andersins kan jy dit net so "bitter" los en net bietjie versoeter bo-oor gooi wanneer jy dit eet.

Lewer ongeveer 650g granola.
Per 50g Granola * 1104kJ * Total Fat 24 g * Proteien 7 g
Total Carbs 9.5 g * Net Carbs 4.8 g
Hoender Cordon Bleu Sop
Die sop is ryk en vullend - en net wat mens nodig het vir 'n koue wintersdag. Hierdie is ook die perfekte wintersop vir die prutpot - dis verspot maklik om aan-mekaar te slaan en staan en word op sy eie gaar terwyl jy besig is met ander dinge. Die sop vries goed - maar as jy beplan om die sop te vries, moenie die room byvoeg nie, voeg dit eerder voor opdiening by. 


6 x 250 ml hoender aftreksel
300 g gekookte ham, fyn gekap150 g sampoiene, in repies gesny
120 g uie, gekap
10 ml terragon
5 ml sout
5 ml varsgemaalde swart peper
500 g hoenderborsies, vel verwyder en in blokkies gesny
45 ml fyngemaakte knoffel
50 g botter
300 ml room
125 ml suur room
50 g parmessaan kaas, gerasper
100 g cheddar kaas, gerasper


Stel die prutpot op laag. Gooi die hoender aftreksel, ham, sampioene, uie, terragon, sout en peper in die bak. Sit die deksel op en laat dit warm word.
Verhit die botter in 'n groot braaipan en soteer die hoender en knoffel daarin tot bruin. Skep die hoender saam met enige sappe by die vloeistof in die prutpot. Voeg die room, suur room en kaas by. Bedek en kook op laag vir 6 ure. 
12 Porsies * Per Porsie * 1071kJ * 
Total Fat 15g * Protein 24g * Total Carbs 4.8g * Net Carbs 3.1 g