Sunday, April 28, 2019

Bloubessie Granola
Gedink jy gaan nooit weer muesli/granola op 'n LowCarb Dieet eet nie? Dink weer! Hierdie granola is propvol smaak, en baie laag in koolhidrate. Eet dit net so met bietjie volroom melk of joghurt.

250 ml rou amandels
250 ml pekanneute
80 ml sonneblom saad
125 ml klapper
125 ml amandel botter
80 ml lynsaad meel
10 ml vanilla geursel
45 ml klapper olie, gesmelt
250 ml bloubessies (vars of gevries)



Voorverhit die oond tot 100°C.
Maak die amandels, pekanneute en sonneblomsaad effens fyner in 'n voedselverwerker, maar moenie fyn maal nie. Voeg die klapper, amandel botter, lynsaad, klapper olie en vanilla by en meng. Voeg die bloubessies daarby. Sprei die mengel eweredig op 'n bakplaat uit wat met bakpapier uitgevoer is. Bak dit vir 4 ure, of tot droog en bros. (Dit kan partykeer dalk bietjie langer as 4 ure neem vir die granola om bros te raak - bak dit dan langer, maar hou dit dop sodat dit nie brand nie.)
Laat afkoel en bêre in 'n lugdigte houer, verkieslik in die yskas.

Wenk:
Dit is oorspronklik 'n Paleo-dieet resep en op die Paleo-dieet mag heuning geeet word. Omdat ons nog nie heuning mag eet tot heelwat later nie, kan jy 'n versoeter (xylitol of erythritol) by die klapper olie inmeng voordat jy dit by die ander bestanddele voeg. Andersins kan jy dit net so "bitter" los en net bietjie versoeter bo-oor gooi wanneer jy dit eet.

Lewer ongeveer 650g granola.
Per 50g Granola * 1104kJ * Total Fat 24 g * Proteien 7 g
Total Carbs 9.5 g * Net Carbs 4.8 g

No comments:

Post a Comment